Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Verrotte Wette" deur PATRICK PETERSEN
"Verrotte Wette" deur PATRICK PETERSEN [boodskap #10639] Ma, 08 September 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
In Memoriam: PATRICK PETERSEN
dood in moterongeluk: 7 Junie 1997
op pad tussen Paternoster en Vredenburg

Gebore 6 Julie 1951. Leraar van N.G. Sending.
Debuteer in 1985 met "amandla ngawetu." Lid
van die sogenaamde "digters na 1976," Dié
jaar het verwarring gebring, want aan die een
kant is Afrikaans as taal van die onderdrukker
gesien, en aan die anderkant ontstaan daar juis
in hierdie periode 'n opbloei van Afrikaanse
letterkunde uit die pen van nie-blanke skrywers.
Hier volg een van Patrick Petersen se gedigte
uit "Advent" (1988.)

Verrotte wette

Ek is siek van die stank
van verrotte wette
wat oor alles heen hang.

Almal hel gevaarlik oor party plekke
mans vrouens kinders.
Dit is 'n spel met die lewe
'n reuk van die dood.

Dit is 'n oproep om te lewe
OP
STAAN
unzima lomthwalo
ufuna sihlangane.*

(Zulu: hierdie las druk swaar op my
rug, dus moet ons mekaar bystaan.)
Re: "Verrotte Wette" deur PATRICK PETERSEN [boodskap #10661 is 'n antwoord op boodskap #10639] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
>
Gloudina pos die vlg van oorle PATRICK PETERSEN

Verrotte wette
-------------
Ek is siek van die stank
van verrotte wette
wat oor alles heen hang.

Almal hel gevaarlik oor party plekke
mans vrouens kinders.
Dit is 'n spel met die lewe
'n reuk van die dood.
ens...

Ja, dit laat my dink aan die Nasionale Party met al sy wette,
die nasionale party wat soveel mense verneuk en gebreinspoel het,
wat so baie laat dink het apartheid is reg en dit sal werk...
die nasionale party wat vergeefs probeer om 'n nuwe blaadjie om te
slaan, maar eintlik hang die stank nog om hom heen...
die stank wat hy nooit van hom sal afskud nie. NOOIT nie.
Die stinkende, verottende lyk, wat mense nog aan wil vasklou en
lewe wil inblaas...

Hoe gouer hy en al sy trawante in die graf beland hoe beter vir almal.

Groete
Vorige onderwerp: "Hooglied" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: "Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 20:39:18 MGT 2024